NUUT

1964, Rome: ’n Suid-Afrikaner studeer aan die Gregoriaanse Universiteit om ’n Katolieke priester te word. Wanneer hy gerugte hoor van ’n heilige man en wonderwerker wat in ’n bergdorpie in die ooste van Italië woon, vertrek hy op ’n avontuur om dié wysgeer op te soek.

2003, Bloemfontein: ’n Jong apteker voel ontuis in sy voorstedelike bestaan, hy wil wegvlug na ’n afgeleë klooster in die Franse Alpe. Op pad ontmoet hy sy verlangse oom, ’n afgetrede priester wat in die hartjie van Parys woon.

Op pad na ’n klooster in die sneeu is ’n teer roman oor ’n vriendskap wat oor twee geslagte en twee vastelande heen strek. ’n Verhaal oor die soeke na identiteit, sin en skoonheid te midde van ’n lewe van weemoed, eensaamheid en verlies.

Lees wat sê ander oor Op pad na ’n klooster in die sneeu:

Rapport
Netwerk24
Huisgenoot
Sarie
Litnet

LUISTER NA DIE BLYDSKAPNAVORSER OP RSG

Wat doen ek om blymoedig te kan leef?

Op Vrydag 4 Junie 2025 se episode van Vol Vreugde, die laaste episode van die vyfde seisoen, het ek die vraag beantwoord watter dinge ek prakties in my lewe toepas om gelukkiger te wees. Die episode kan by hierdie skakel geluister word.

My lys:

  1. Ek kla nie oor dinge wat ek niks aan kan doen nie. Amerikaanse politiek, rooi verkeersligte, die weer. As ek niks daaraan kan doen nie, weet ek kla gaan my net bykomende en nuttelose stres gee.
  2. Ek kry ses dae per week strawwe oefening. Aerobiese oefening laat jou beter slaap, laat jou liggaam hope goedvoelhormone produseer, en laat selfs jou brein se hippokampus groei.
  3. Ek raak al twee jaar lank nie aan alkohol nie. Alkohol is ‘n verdowingsmiddel, baie van ons gebruik dit om ons stres en angs te verdoof, maar in die proses verdoof ons ook heelwat ander dinge, soos ons kreatiwiteit en energie.
  4. Ek deel my lewe met twee honde. Dit stuur my oksitosienvlakke deur die dak.
  5. Ek vermy skuld soos die pes. Die impak van skuld op mens se stresvlakke is soortgelyk aan egskeiding en dood in die familie.
  6. Ek wag nie dat mense met my vriende kom maak nie. Ek reik uit na ander mense en probeer hulle help waar ek kan. En in die proses maak ek vriende.
  7. Dissipline is blydskap. Baie mense dink blydskap is om agter elke begeerte en drang aan te hardloop en geen roetine te hê. Vir my is die teenoorgestelde waar. Dis help om ’n paar ononderhandelbare dinge in jou lewe te hê wat jou roetine gee en wat jy onder geen omstandighede mis nie. Afhangend wie jy is, kan dit dinge soos daaglikse meditasie, weeklikse kerk of ’n oproep elke twee dae na jou ouma wees. Dissipline is blydskap.
  8. Ek herinner myself gereeld elke besluit het nadele. As jy ’n ander huwelikstatus, werk, woonadres gehad het, sou jou lewe nie probleemvry gewees het nie, jy sou bloot ’n ander stel probleme gehad het. So hou op om te dink daar bestaan iewers ’n probleemvrye lewe wat jy misloop. Besluit watter probleme jy bereid is om te verdra, en rig jou lewe dienooreenkomstig in.

KOM KUIER EN LEER SAAM

Klik om te lees

BOEKE

Meer as jou seerkry. Groei as jy stukkend is

Hoe gaan jy aan as jy beroof is van die lewe wat vir jou kosbaar was? Jy verloor jou werk, jou rykdom, jou gesondheid of jou metgesel; dit laat jou broos, woedend, of neerslagtig. Die insig wat Johannes de Villiers verwerf het toe sy eie lewe uitmekaar geval het, is die inspirasie vir hierdie boek.

Johannes gaan steek kers op by deskundiges en terapeute, maar ook veral by gewone mense wat deur die lewe platgevee is. Groei, vind hy, is nie om veerkragtig terug te bons na wie jy was voor dinge verkeerd geloop het nie. Jy sal nooit weer dieselfde mens wees as voor die groot verlies of ramp nie. Maar jy kán dit oorleef — en selfs sterker wees.

Die roerende ware verhale van die mense met wie Johannes praat, wys dat pyn die saadjie kan wees vir iets kosbaar. Met die mindfulness-benadering wat hy hier deel, kan jy ook as ’n nuwe, wyser en meer deernisvolle mens aan die anderkant uitkom.

Wat sê lesers oor Meer as jou Seerkry?

Rapport
RSG – Geestesgesondheid
Sarie
Huisgenoot

Mind Prosperity
afrikaans.com
Landbouweekblad

Blydskap. Mindfulness-wenke vir ’n Vreugdevolle Lewe

“Dit help nie jy wag totdat jou lewe perfek is voordat jy jouself blydskap gun nie. Maak nóú ruimte vir blydskap, kom tuis in jou vel ongeag waar jy in jou lewe is. En kyk hoe dinge in plek begin val.”

Lewensvreugde is moontlik vir elkeen. Met praktiese wenke – van meditasie tot stappies in die buitelug – en raad deur kenners wys hierdie boek hoe dinge soos leefstyl, ouderdom, huwelikstatus, inkomste en selfs jou hond jou luim beïnvloed.

Johannes de Villiers, ‘n kenner van meditasie en mindfulness, het vreugdevolle mense op onverwagse plekke gaan opsoek – in kloosters, in ‘n voormalige oorlogsone, in ‘n Suid-Afrikaanse tronk – en dié mense gevra hoe hulle dit regkry om gelukkig te wees. Elkeen kon ‘n blyer blyk op die lewe aanleer. Jy kan ook.

Wat sê lesers oor Blydskap?

Litnet
Landbouweekblad
Huisgenoot
Kragdag
Rapport

Kalmte in die Malle Gejaag. Mindfulness vir besige mense

Jy wil graag soms asem skep, die mooi dinge om jou raak sien en tyd maak vir dit wat regtig belangrik is. Maar soms raak die lewe doller as dol en jy so erg gestres dat jy heeltemal vergeet hoekom jy hier is.

Die wetenskap toon toenemend die tegniek van bewustelikheid (“mindfulness”) en meditasie kan mens help om met vars, nuwe oë na die wêreld om jou te kyk. In dié boek vertel Johannes de Villiers, joernalis en meditasie-instrukteur, die stories van gewone mense wat geleer het:

  • hoe jy bewustelikheid kan gebruik om beter met mense oor die weg te kom, ’n positiewe bydrae tot die wêreld om jou te maak en opnuut die lewe lief te kry;
  • hoe jy woede en stres oor werk, besittings en die dood beter kan bestuur; en
  • hoe jy die wonderskone in elke oomblik – ook die moeilikes – kan raaksien.

Wat sê lesers oor Kalmte in die Malle Gejaag?

Litnet
Netwerk24
Boeke24
Woorde Wat Weeg
Rapport
The Scenic Drive met Rian van Heerden (Jacaranda FM)

Meditasies

Copyright 2025 - Design by Rudi Louw