Meer as jou seerkry. Groei as jy stukkend is

Hoe gaan jy aan as jy beroof is van die lewe wat vir jou kosbaar was? Jy verloor jou werk, jou rykdom, jou gesondheid of jou metgesel; dit laat jou broos, woedend, of neerslagtig. Die insig wat Johannes de Villiers verwerf het toe sy eie lewe uitmekaar geval het, is die inspirasie vir hierdie boek. 

Johannes gaan steek kers op by deskundiges en terapeute, maar ook veral by gewone mense wat deur die lewe platgevee is. Groei, vind hy, is nie om veerkragtig terug te bons na wie jy was voor dinge verkeerd geloop het nie. Jy sal nooit weer dieselfde mens wees as voor die groot verlies of ramp nie. Maar jy kán dit oorleef — en selfs sterker wees.

Die roerende ware verhale van die mense met wie Johannes praat, wys dat pyn die saadjie kan wees vir iets kosbaar. Met die mindfulness-benadering wat hy hier deel, kan jy ook as ’n nuwe, wyser en meer deernisvolle mens aan die anderkant uitkom.

Wat sê lesers oor Meer as jou Seerkry?

Blydskap. Mindfulness-wenke vir ’n Vreugdevolle Lewe

“Dit help nie jy wag totdat jou lewe perfek is voordat jy jouself blydskap gun nie. Maak nóú ruimte vir blydskap, kom tuis in jou vel ongeag waar jy in jou lewe is. En kyk hoe dinge in plek begin val.”

Lewensvreugde is moontlik vir elkeen. Met praktiese wenke – van meditasie tot stappies in die buitelug – en raad deur kenners wys hierdie boek hoe dinge soos leefstyl, ouderdom, huwelikstatus, inkomste en selfs jou hond jou luim beïnvloed.

Johannes de Villiers, ‘n kenner van meditasie en mindfulness, het vreugdevolle mense op onverwagse plekke gaan opsoek – in kloosters, in ‘n voormalige oorlogsone, in ‘n Suid-Afrikaanse tronk – en dié mense gevra hoe hulle dit regkry om gelukkig te wees. Elkeen kon ‘n blyer blyk op die lewe aanleer. Jy kan ook.

Wat sê lesers oor Blydskap?

Kalmte in die Malle Gejaag. Mindfulness vir besige mense

Jy wil graag soms asem skep, die mooi dinge om jou raak sien en tyd maak vir dit wat regtig belangrik is. Maar soms raak die lewe doller as dol en jy so erg gestres dat jy heeltemal vergeet hoekom jy hier is.

Die wetenskap toon toenemend die tegniek van bewustelikheid (“mindfulness”) en meditasie kan mens help om met vars, nuwe oë na die wêreld om jou te kyk. In dié boek vertel Johannes de Villiers, joernalis en meditasie-instrukteur, die stories van gewone mense wat geleer het:

  • hoe jy bewustelikheid kan gebruik om beter met mense oor die weg te kom, ’n positiewe bydrae tot die wêreld om jou te maak en opnuut die lewe lief te kry;
  • hoe jy woede en stres oor werk, besittings en die dood beter kan bestuur; en
  • hoe jy die wonderskone in elke oomblik – ook die moeilikes – kan raaksien.

Wat sê lesers oor Kalmte in die Malle Gejaag?

Deel met vriende:

Search

Ek soek so boek!

Bestel Meer as jou Seerkry, Blydskap of Kalmte in die Malle Gejaag by die skrywer.
Maak so:

Stap 1

Betaal die bedrag van R350 per boek (Postnet-na-Postnet-aflewering ingesluit) in dié rekening:

JA de Villiers
Investec Private Banking
Tjekrekening
1001 1702 636
Takkode: 580 105
Verwysing: Naam van die boek wat jy wil koop

Stap 2

Stuur dié volgende na johannesbertus@icloud.com:
– Bewys van betaling
– Jou naam
– Jou telefoonnommer
– Die naam van jou naaste Postnet

En as jy eerder die e-boek wil lees?

Klik hier om Blydskap as e-boek te koop:

Amazon

Kobo

Snapplify

Klik hier om Kalmte in die Malle Gejaag as e-boek te koop:

Amazon

Kobo

Snapplify

Jongste nuus: